Versorgingsagentskap
JHG Personnel Practitioners
Bellville, 7530, South Africa
2 months ago

Ons kliënt fokus op tuisversorging (homebased care) in die Skiereiland. Hierdie agentskap beskik tans oor die volgende twee vakatures :

OPERASIONELE BESTUURDER :

Die ideale kandidaat is professioneel en beskik oor sterk besigheidsetiek en empatie. Hierbenewens voldoen hy / sy ook aan die volgende vereistes :

  • Geregistreer as Verpleegkundige by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
  • Minstens 5 jaar ervaring in verpleegbestuur
  • Rekenaargeletterdheid
  • Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
  • Eie vervoer en n geldeige rybewys
  • Aansoekers wat oor n praktyknommer beskik, sal voorkeur geniet
  • Pligte sluit onder andere die volgende in :

  • Volle verantwoordelikheid vir die dag-tot-dag bestuur van die versorgingspersoneel
  • Pasiënt- en kliëntskakeling
  • Instandhouding en implementering van n oprasionele handleiding
  • BEMARKER

    Aansoekers vir hierdie pos voldoen aan die volgende vereistes :

  • Minstens 5 jaar bemarkingservaring in die gesondheids- en / of farmaseutiese bedryf
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
  • Die vermoë om in Afrikaans en Engels te kommunikeer
  • Professionele voorkoms
  • Eie vervoer en geldige rybewys
  • Om aansoek te doen rig asseblief n volledige CV met n aanduiding van die pos waarvoor u aansoek doen, aan of faks aan 086-445-0399.

    Sluitingsdatum : 20 Mei 2016

    Indien u nie enige respons van ons ontvang binne 14 dae nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.

  • Download the companion application form .
  • Laai die aansoek-vorm hier af .
  • Apply
    Apply
    My Email
    By clicking on "Continue", I give neuvoo consent to process my data and to send me email alerts, as detailed in neuvoo's Privacy Policy . I may withdraw my consent or unsubscribe at any time.
    Continue
    Application form