Bourekenaar/ Quantity Surveyor
VDDB Projekdienste
Pretoria, Gauteng, ZA
8d ago
source : Careers24

VDDB is op soek na 'n dissipline-bourekenaar wat minstens een van die dissiplines in ingenieursprojekte goed verstaan en hanteer, maar ook potensiaal het om multi-

dissiplinêr bourekenkunde te kan doen en uiteindelik met die volle omvang van die kostes en aankope van ingenieursprojekte kan werk.

Bourekenaarswerk vir projekte in die ingenieursbedryf, mynbou en boubedryf Kostebestuur vir konstruksiekontrakte Kostebestuur vir ander aspekte van kapitaalprojekte Beplanning en opstel van hoeveelheidslyste volgens bekende meetstelsels asook in staat tot basiese begrippe en ontwerp van hoeveelheidslyste vir minder algemene toepassings (Hoof)kantoor en terrein Wisselwerking met ERP-

stelsels van korporatiewe kliënte en die rekenmeesters, koste-kontroleurs, betaalklerke en ander funksies wat hierin werk Wisselwerking met aankopers Kommunikeer met groot verskeidenheid verskaffers van toerusting en dienste vir ingenieurs-

en mynbouprojekte vir pryse om in beramings te gebruik Kontrakadministrasie insluitende formulering van kontraktuele briewe en daaglikse skryfwerk in eposse Databestuur vir konstruksie-

verwante kontrakte Databestuur en analise van enige kostes in 'n ingenieursprojek Inligingsbestuur Analiseer uitstel van tyd en soortgelyke koste-

eise Stel agendas en notules van vergaderings op Die ideale kandidaat sal 'n energieke en entoesiastiese persoon wees wat die toepaslike kwalifikasies het en werklik belangstel in en die beginsels van hoeveelhede, hoeveelheidslyste en konstruksiekoste en 'n wye algemene kennis het, en voortdurend belangstel in die wêreld om hom.

Dis 'n loopbaangeleentheid wat 'n bourekenaar blootstelling gee aan ingenieursprojekte soos vir myne en kragsentrales. Bevorderingsmoontlikhede is goed vir die regte kandidaat.

Die ervaring in hierdie poste maak moontlikhede oop na senior-bourekenaar of kontrakadministrateur (wat tot kontrakbestuurder kan vorder), kostebestuurder of koste-

ingenieur. VDDB Projekdienste ontwerp en verskaf oplossings en lewer 'n wye reeks dienste vir projekbeheer wat kostebestuur, beramings, projekbeplanning, aankope, tenderprosesse, konstruksiekontrakte en alle kommersiële aspekte van projekte insluit.

Ons neem bourekenaars, rekenmeesters, aankopers, beplanners, en kontrakadministrateurs in diens, asook administratiewe en databestuurspersoneel.

Projekte is in Suid-Afrika, Afrika en oorsee en werknemers word aangemoedig om algemene kennis op te bou van handel in 'n geglobaliseerde wêreld, met inagneming van verskillende geldeenhede, wisselkoerse.

belastingvereistes, materiale en konstruksie-praktyke en arbeidspraktyke, kosteberekeningsmetodes en benaderings tot tenders en bestelling in verskillende wêrelddele en kulture.

VEREISTES BSc(QS) Minstens 3 jaar ervaring na graad verwerf is Meetwerk en databestuur en goeie insig in meetbare items en oorhoofse koste van konstruksie-

en installasie-kontrakte - kandidaat moet bereid wees om hieroor getoets te word Goeie kommunikeerder, vaardig in Engels en Afrikaans.

Moet kan formuleer en goed spel. Moet kan verslae skryf en professioneel kan kommunikeer per epos en ander korrespondensie.

Syfervaardig. Moet analities kan werk en basiese beginsels van bourekenkunde en projekkostebestuur grondliggend verstaan en kan toepas.

Kennis van meetstelsels en vermoë om dit kan vergelyk Selfstandig kan werk terwyl binne spanverband en groter projekomvang kan aanpas.

AANBEVELINGS Aanvoeling vir aankope en bestellings, ook buite konstruksiekontrakte en hoeveelheidslyste FIDIC-ervaring NEC-

ervaring Ervaring in SharePoint- werkswyses Ervaring van projekte groter as R200 miljoen Ervaring in ERP-gebruik Ervaring van buitelandse projekte Ervaring van Skype-

vergaderings en Skype for Business Derde taal soos Portugees, Frans, Duits, Russies of Spaans. ALGEMEEN Vergoeding onderhandelbaar, op meriete.

Projekte vereis reis, padlangs en vlieg. Geldige paspoort benodig Ons is op soek na mense wat kan dink, goed kommunikeer en akkuraat werk en nie net volgelinge is nie, maar die beginsels van die metodes verstaan.

Ons is ook op soek na Senior Bourekenaars , op individuele grondslag en sonder dat dit wyd geadverteer word.

Apply
Add to favorites
Remove from favorites
Apply
My Email
By clicking on "Continue", I give neuvoo consent to process my data and to send me email alerts, as detailed in neuvoo's Privacy Policy . I may withdraw my consent or unsubscribe at any time.
Continue
Application form